![]() |
|
Kotzé-stamboom opgestel deur Johann Kotzé Kotzé family tree compiled by Johann Kotzé |
|
|
Ek is Johann Kotzé, gebore 29 November 1947. Alles het begin toe my pa, Johannes Paulus Kotzé, in 1953 ‘n familiebybel gekoop het en besonderhede van sy ouers en grootouers daarin opgeskryf het. Daarna het hy ook besonderhede van sy broers en susters, en met verloop van jare besonderhede van sy kinders en kleinkinders ingeskryf. In 1977, met die geboorte van my tweede seun, Heinie, het ek een aand na besoektyd by die kraaminrigting ‘n draai gemaak by dr DJ Kotzé wat in Boston gewoon het. Hy het onmiddellik geweet wie my pa en oupa is en sonder raad-pleging van enige boek vir my ons voorgeslagte se name neergeskryf vanaf die eerste Kotzé wat in 1691 in die Kaap aangekom het. Na my pa se dood in 1986 het ek die familiebybel gekry, dit op datum gebring met sterftes en geboortes in die familie en ook begin navorsing doen om meer inligting te kry. Waar moontlik het ek met familielede gepraat om inligting te verkry, te gesels met ander Kotzé’s wat reeds navorsing gedoen het en ook in die argiewe by GISA (die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika) op Stellenbosch gaan navorsing doen. Verdere inligting het ek gekry by by eGGSA - die virtuele tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika. Ek het net gekonsentreer op die vertakking van ons deel van die familie en vertrou dat dit van waarde sal wees vir ander Kotzé-nakomelinge. Baie inligting is steeds nie opgeneem nie en ek nooi enigiemand wat van die ontbrekende inligting het, om dit aan my te stuur by johannkotze@multiprof.co.za Ek is getroud met Johanna Elizabeth (Elsabé) Bosman, en het ook haar stamboom opgeteken en plaas dit op hierdie webtuiste.
|
|
| Home Contact Us Gallery Documents About Us Family Trees |